Accès ouvert

Die Heidelbergse Kategismus as ’n Geloofsbelydenis en die Voortrekker-Gelofte van 1838: Die toespraak van Paul Kruger op 16 Desember 1886

Article scientifique 2026 Anglais

Résumé

Verskeie bronne huldig die oortuiging dat die korrekte viering vandag van die Gelofte van 16 Desember 1838 in Natal deur die Voortrekkers ’n Christelike en godsdienstige gebeurtenis behoort te wees: ’n godsdienstige gebeurtenis as deel van die lewe in sy geheel, wat op die eer van God gerig is. President Paul Kruger – die laaste president van die Boererepubliek in die ou Transvaal (1883–1900), oftewel die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) – was ’n voorstander van hierdie oortuiging oor die gevolge van die verbond. Hy het sy toespraak op 16 Desember 1886 by Paardekraal, Krugersdorp, begin met ’n verwysing na vraag 1 in die Heidelbergse Kategismus. Hy het sy gehoor, as Christelike gelowiges of Christelike Afrikaners wat in die reël die Gelofte herdenk, aangespoor om hul lewens in geheel aan God toe te wy as ’n antwoord in gehoorsaamheid aan hul verlossing in Christus. Kruger het die gereformeerde belydenisse van die kerk waarvan hy ’n lid was, beskou as oortuigings wat die lewe in totaliteit beïnvloed. In sy toespraak van 1886 het hy ook daadwerklik op probleme in sy republiek gewys. Hy het egter sy mense aangespoor om as Christelike burgers van hierdie republiek op te tree. Hierdie siening van Kruger word tot vandag toe deur baie Christelike Afrikaners en Afrikaner-instellings ondersteun.

Citer ce document

Strauss, P. (2026). Die Heidelbergse Kategismus as ’n Geloofsbelydenis en die Voortrekker-Gelofte van 1838: Die toespraak van Paul Kruger op 16 Desember 1886. https://doi.org/10.19108/koers.91.1.2630

Accès au document

Texte intégral en lecture en ligne, réservé aux abonnés SPHAERO et aux membres de l'institution. Se connecter

Voir l'article sur le site de la revue

Auteur(s)

Statistiques

Consultations : 1

Téléchargements : 0