Accès ouvert

Teksgebaseerde tesourusgebruik in 'n Afrikaanse taalonderrigkonteks

Article scientifique 2022 Autre

Résumé

Opsomming: Die onderwerp van die artikel is die ontsluitingsmoontlikhede van tesourusgebruik in 'n Afrikaanse taalonderrigkonteks in die skoolklaskamer. Die tesourus is een van die oudste naslaanwerke in die geskiedenis van leksikografie; tog word dit nie in die aantal navorsingsartikels rakende die onderwerp gereflekteer nie. 'n Tesourus blyk nie 'n algemene fokuspunt van leksikografiese navorsing of opvoedkundige leksikografiese navorsing te wees nie. In 'n poging om die gaping in die literatuur te oorbrug, word daar oor die doel en leksikografiese funksie van 'n tesourus besin, veral in 'n taalonderrigkonteks. Die taalonderrigkonteks word vervolgens belig met verwysing na voorgestelde tesourusgebruik in skoolkurrikuladokumente, aangesien dit rigtinggewend is vir onderrigraamwerke in skole. Teksgebaseerde tesourusgebruik in die taalonderrigkonteks word aanbeveel en gemotiveer teen die agtergrond van 'n ondersoek na 'n tesourus en tematiese woordeboekafdelings. Aanbevelings vir enkele verbeterings tot leksikografiese produkte word vanuit 'n opvoedkundige leksikografiese perspektief gemaak ten einde optimale gebruik van 'n tesourus in 'n taalonderrigkonteks te verseker.

Citer ce document

Merwe, M. (2022). Teksgebaseerde tesourusgebruik in 'n Afrikaanse taalonderrigkonteks. https://doi.org/10.5788/32-1-1715

Accès au document

Voir sur le dépôt source

Ce document est hébergé sur son dépôt institutionnel d'origine.

Statistiques

Consultations : 1

Téléchargements : 0