Accès ouvert

Ontwikkeling van die gemenereg in die lig van artikel 39(2) en 173 van die Grondwet

Article scientifique 2017 Autre

Résumé

Die onderwerp van hierdie voordrag is wydlopend en voortydig. Toe Professor Wigmore in 1914 met 'n vergelykbare onderwerp genader is, het hy wyslik die aanbod van die hand gewys:[1] The law is so obviously in a seething change that one might as well expect to analyze a chemical reaction while the test tube is over the flame. Oor deliktereg (law of torts) het hy bygevoeg: The old-time doctrines of liability are changing so fast that it is difficult to keep up with them . . . certainly many existing books may be sold for old paper. 'n Mens kan met reg vra of die ius connubiorum van Brouwer en die Law of Husband and Wifevan Professor Hahlo nie nou "Seksuele Verhoudingsreg" geword het nie. Is onregmatigheid en skuld vereistes vir deliktuele aanspreeklikheid of hang dit maar daarvan af of die verweerder die staat is of versekering dra? Leer u nog steeds u studente dat 'n kontrak 'n tweesydige verbintenis is? Dit is mos 'n losse driesydige verhouding waartoe die regter 'n party is? Leer u hulle steeds dat dit op wilsooreenstemming gebaseer is in plaas van willekeur? Die verkorte LLB kan dan nog meer verkort word

Citer ce document

Harms, L. (2017). Ontwikkeling van die gemenereg in die lig van artikel 39(2) en 173 van die Grondwet. https://doi.org/10.17159/1727-3781/2004/v7i2a2855

Accès au document

Voir sur le dépôt source

Ce document est hébergé sur son dépôt institutionnel d'origine.

Auteur(s)

Statistiques

Consultations : 1

Téléchargements : 0