Accès ouvert

ONAFHANKLIKE EN ONPARTYDIGE REGSPLEGING IN MILITêRE VERBAND

Article scientifique 2025 Autre

Résumé

In ’n beslissing van die Europese Hof vir die Regte van die Mens (EHRM) van 26 Februarie 2002, naamlik Morris v United Kingdom was die feite in ’n neutedop soos volg: M was ’n soldaat in die Britse weermag. Hy is in 1996 gearresteer omdat hy sonder verlof afwesig was. Hy is dissiplinêr aangekla en die bevelvoerder het ’n weermagkaptein sonder regsopleiding as verdedigingsoffisier (“defending officer”) aangestel. M het egter vir regshulp aansoek gedoen sodat hy deur ’n advokaat (“solicitor”) verteenwoordig kon word. Hyis vervolgens regshulp aangebied, maar onderworpe daaraan dat hy ’n bybetaling van £240 moes maak. Sy advokaat het egter aansoek gedoen dat dié voorwaarde deurgehaal moes word. Voordat ’n antwoord op dié versoek ontvang is, het M, nadat hy regshulp afgewys het, egter ’n dokument onderteken waarin hy die wens uitspreek om deur genoemde verdedigingsoffisier verteenwoordig te word. Die krygsraad (vervolgens: die tribunaal) het in Mei 1997 plaasgevind. Dit het bestaan uit ’n president, wat ’n langdurige aanstelling (vanaf Januarie 1997 tot 21 September 2001) gehad het, twee weermagkapteins en ’n regsgekwalifiseerde burgerlike regteradvokaat (“legally qualified civilian judge advocate”). M het skuldig gepleit en is tot nege maande detensie en ontslag uit die weermag gevonnis. Hy het vervolgens via ’n regspraktisyn ’n petisie vir hersiening ingedien. Die petisie is deur die betrokke hersieningsliggaam afgewys en ’n enkele regter van die Militêre Appélhof (“Court Martial Appeal Court”) het verlof tot appélgeweier. M beroep hom in finale instansie op die EHRM. In die onderhawige bydrae word die beslissing van laasgenoemde hof met betrekking tot die vraagstuk van onafhanklike en onpartydige regspraak, spesifiek in militêre verband, onder die loep geneem en word die betekenis daarvan vir die Suid-Afrikaanse reg ondersoek.

Citer ce document

Labuschagne, J. (2025). ONAFHANKLIKE EN ONPARTYDIGE REGSPLEGING IN MILITêRE VERBAND. https://doi.org/10.17159/x3r6g170

Accès au document

Texte intégral en lecture en ligne, réservé aux abonnés SPHAERO et aux membres de l'institution. Se connecter

Voir l'article sur le site de la revue

Auteur(s)

Statistiques

Consultations : 1

Téléchargements : 0