Accès ouvert

BEWYS EN WAARDE VAN OUDERDOMSGRENSE IN DIE STRAFREG S v Mbelo 2003 1 SACR 85 (NCD)

Article scientifique 2025 Autre

Résumé

In dié saak het die beskuldigde, M, in die streekhof op verkragting skuldig gepleit. Hy het deur middel van sy regsverteenwoordiger, sekere erkennings ten aansien van sy en die klaagster se ouderdomme gemaak, naamlik dat hy ten tyde van misdaadpleging 17 jaar en sy 14 jaar oud was. Sy saak is vervolgens in ooreenstemming met die Strafregwysigingswet 105 van 1997 (vervolgens: die Wet) na die Hoë Hof vir strafoplegging verwys. Artikel 52(1) van die Wet bepaal naamlik dat indien ’n streekhof na skuldigbevinding aan ’n misdaad in Bylae 2 genoem, wat volg op ’n pleit van skuldig of ’n pleit van onskuldig, maar voor vonnisoplegging, van mening isdat die misdaad waaraan die beskuldigde skuldig bevind is ’n hoër straf verdien as wat ’n streekhof in ooreenstemming met artikel 51 van die Wet mag oplê, die proses beëindig moet word en die beskuldigde na ’n Hoë Hof vir strafoplegging verwys word. Volgens artikel 51 van die Wet moet die Hoë Hof, behoudens artikels (3) en (6), lewenslange gevangenisstraf oplê vir misdade in deel 1 van Bylae 2 genoem. Verkragting waar die slagoffer ’n meisie onder die ouderdom van 16 jaar is, word in deel 1 van Bylae 2 genoem. Volgens artikel 51(6) van die Wet is artikel 51 nie van toepassing op ’n geval waar die beskuldigde ten tyde van die pleeg van die misdaad onder die ouderdom van 16 jaar was nie. M is vervolgens na die Hoë Hof vir strafoplegging verwys.In die Hoë Hof is aangevoer dat die erkenning wat M se regsverteenwoordiger rakende die ouderdomme van hom en die klaagster gemaak het, verkeerdelik geskied het en dat dit gevolglik nie behoorlik bewys is nie. Die effek hiervan is dat M se geval nie na die Hoë Hof verwys moes gewees het nie. Benewens die erkenning is M se ouderdom deur sy vader bevestig en is ’n doopsertifikaat ingehandig waaruit geblyk het dat hy op 18 Desember 1981 gebore is. Dié doopsertifikaat het bevestig dat M ten tyde van die pleegvan die misdaad 17 jaar oud was. Uit inligting afkomstig van M self het uit die verslag van die maatskaplike werker geblyk dat hy op 18 Desember 1982 gebore is.

Citer ce document

Labuschagne, J. (2025). BEWYS EN WAARDE VAN OUDERDOMSGRENSE IN DIE STRAFREG S v Mbelo 2003 1 SACR 85 (NCD). https://doi.org/10.17159/9p6nh866

Accès au document

Texte intégral en lecture en ligne, réservé aux abonnés SPHAERO et aux membres de l'institution. Se connecter

Voir l'article sur le site de la revue

Auteur(s)

Statistiques

Consultations : 1

Téléchargements : 0